Hawker Hunter

Hawker Hunter
Tweesitplek Hunter by die Shuttleworth Militêre lugskou van 2013
Tipe Vegvliegtuig
Vervaardiger Hawker Aircraft
Nooiensvlug 20 Julie 1951
Bekendstelling 1954
Onttrek 2014
Status Uit diens gestel
Hoofgebruiker Britse Lugmag
Aantal gebou 1,972

Die Hawker Hunter is 'n Britse vegvliegtuig wat ontwerp is om die Gloster Meteor te vervang. Dit is ook tot op hede die vliegtuig wat die langste diens in die Britse Lugmag gedoen het. Daar meer as 1000 van die vliegtuie in modelle gebou van die vliegtuig. Die prototipe het op 20 Julie 1951 sy nooiensvlug afgelê. Dit was aangedryf deur 'n Avon 100 Series turbostraal motor van 2,948 kg stukrag. Dit het supersonies snelheid bereik in 'n klein duikvlug.

Die prototipe WB188 is in 1951 op die Farnborough SBAC Lugskou vir die eerste keer aan die publiek vertoon. IN April 1952 het toetsvlieënier Neville Duke die klankgrens gebreek in 'n gelyk vlug. Die eerste produksie model F 1 het op 16 Mei 1953 gevlieg; die vliegtuig tesame met 22 ander produksie modelle was gebruik vir verdere ontwikkeling.

Die Hunter is amptelik in Julie 1954 in diens gestel toe 43 Eskader se Meteor's vervang is. Die ontwikkeling van die vliegtuig het twee bane gevolg: modelle 1 en 4 wat met Rolls-Royce Avonmotors toegerus is en modelle 2 en 5 wat met Armstrong Siddeley Sapphire turbostraal motors toegerus is.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search